Ramaphosa wys sy adjunk aan

Die skynbare voorloper in die wedloop om die ANC-presidentskap, Cyril Ramaphosa, het sy adjunk aangekondig tydens ‘n byeenkoms in Noord-Transvaal.

Ramaphosa het ANC-lede gevra om minister Naledi Pandor te kies as adjunkpresident van die ANC, as hulle vir hom as president sou stem. Volgens Ramaphosa het Pandor geen geraamtes in die kas nie en is sy bekwaam in haar werk.

Hy is ook ten gunste van Gwede Mantashe as voorsitter van die ANC, terwyl hy dink die voormalige voorsitter van die ANC in Natal, Senzo Mchunu, sal ‘n geskikte sekretaris-generaal vir die ANC uitmaak.

Intussen het Jacob Zuma dit onomwonde gestel dat hy nie in Desember beskikbaar is vir die pos as leier van die ANC nie, en sommer gewaarsku dat hy daarna ‘n gewone ANC-lid gaan wees wat kan sê wat hy wil.

Foto: Cyril Ramaphosa en Naledi Pandor