Radio aktiewe wolke gevaarlik

Die bron vanwaar ’n bank radio aktiewe wolke oor Europa beweeg, is klaarblyklik nie so onskuldig as wat Rusland wil voorgee nie.

Die wolkmassa wat gedurende Oktobermaand oor Europa getrek het, en afkomstig is uit Urals in Rusland, is aanvanklik beskryf as onskadelik en die Russiese kern agentskap het deurlopend gesê daar was ’n klein ongeluk, maar dit het geen skade teweeggebring nie.

Daar is egter aanduidings dat die vrystelling van die radio aktiewe isotope teruggevoer kan word na die Mayak kernkrag kompleks in die Ural streek waar kernbrandstof geprosesseer word.

’n Russiese instansie, Rosgidromet, het egter Maandag in ’n verklaring erken dat die Ru-106 isotope wat in Oktober vrygestel is, “uitermatig hoë konsentraat “ is.

Deskundiges sê die voorval het weer eens beklemtoon hoe gevaarlik kernkrag is en hoe maklik ’n fout kan insluip en die mensdom kan vernietig.