Puigdemont steeds ten gunste van dialoog

Die leier van die separatiste en afgesette president van Katalonië, Carles Puigdemont, het gesê hy is steeds bereid om dialoog te voer met die regering van eerste minister Rajoy van Spanje.

Hy het ook laat blyk dat hy voorkeur sou gee aan dialoog eerder as ’n herhaling van die poging om van Spanje af te skei.

Die inligting is vrygestel deur Marta Pascal, koördineerder in Katalonië, en gesê die bilaterale gesprekke is noodsaaklik vir vrede in die gebied.

Pascal het in ’n onderhoud met ’n Spaanse radiosender, Cadena Ser, bevestig dat haar party, die Katalaan Republikeine, ten gunste is van onafhanklikheid, maar ook bereid is om oorweging te ge aan onderhandelings met Spanje.

Die Spaanse eerste minister het vroeër gesê die regering is bereid om met Katalonië te onderhandel oor groter outonomie vir die streek, en gesê dit kan soortgelyk wees aan wat van toepassing is in Baskeland.

Foto – Carles Puigdemont