Puigdemont nie terug na Barcelona

Die afgesette president van Katalonië, Carles Puigdemont, is blykbaar nie van plan om na Katalonië terug te keer nie.

Puigdmont het Woensdag weggeraak en die vermoede het ontstaan dat hy teruggekeer het na Barcelona waar hy in die hooggeregshof moet verskyn voor die einde van die week.

Die Spaanse justisie departement het hom sowel as sy regering se ministers en parlementslede afgedank en hulle word vervolg as rebelle nadat hulle die onafhanklikheid van die streek aangekondig het.

Die betrokke leiers staar tronkstraf in die gesig, wat tot 30 jaar kan wees ingevolge die Spaanse grondwet.

Na verwagting kan die president en sy ministers verantwoordelik gehou word vir die koste van meer as 6 miljoen euro wat spandeer is vir die hou van die referendum oor onafhanklikheid op 1 Oktober.

Die afgesette president het in België aan die media tydens ’n konferensie gesê daar is nie sprake dat hy uit sy land vlug nie, en sal terugkeer om ook verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar, maar wil ook verseker dat die waarheid oor sy optrede nie verbloem word nie.

Die voorsitter van die N-VA in Vlaandere, Bart De Wever, het in ’n verklaring gesê Carles Puigdemont is ’n vriend en mag so lank as wat hy wil in België vertoef.

Politieke ontleders meen egter gesê België sal verplig wees om die afgesette president na Spanje terug te stuur indien Spanje sy uitlewering versoek.

Foto – Carles Puigdemont