Puigdemont maak gereed vir verkiesing

Die afgesette president van Katalonië, Carles Puigdemont, het sy lys van name bekendgemaak wat as kandidate staan in die verkiesing op 21 Desember.

Puigdemont wat steeds in België is, het egter alles gedoen om gereed te maak vir die verkiesing wat deur die Spaanse regering van eerste minister Rajoy aangekondig is.

Die Spaanse regering is vol vertroue dat die separatiste nie die verkiesing sal wen nie, en dat ’n nuwe regering vir Katalonië die krisis in die gebied sal beëindig.

Na wat berig word het Puigdemont verskeie burgemeesters en sterk ondersteuners van die separatiste as kandidate aangewys, maar kommer bestaan dat sy afwesigheid tydens die verkiesingsveldtog ’n negatiewe invloed het op die finale uitslag.

Jordi Sánchez, ’n voormalige president van ’n sterk politieke beweging is op Puigdemont se lys aangebring as die tweede belangrike kandidaat.

Waarnemers sê die kandidatelys is wel indrukwekkend maar twyfel bestaan oor die sukses van die verkiesing as hy self afwesig is.

Foto – Carles Puigdemont