Premier van Ierland bedank

Die Ierse eerste minister, Frances Fitzgerald, het geswig onder druk, en om ’n mosie van wantroue te vermy, het sy verkies om eerder te bedank.

Die premier se bedanking spruit voort uit die dreigement van die opposisie dat hulle ’n mosie van wantroue sal instel as die premier weier om te bedank.

Die bedanking kan lei tot ’n algemene verkiesing in Ierland wat ook ’n impak kan hê op die verloop van Brexit.

Die premier se bedanking sal blykbaar tot gevolg hê dat die regerende party ’n ander premier aanwys om te voorkom dat ’n algemene verkiesing gehou word.

Haar bedanking word gekoppel aan die moontlikheid dat sy bewus is van die korrupsie wat in die Ierland polisiemag voorgekom het.

Fitzgerald het aan die media gesê haar bedanking is ingedien omdat sy die belange van Ierland voorop gestel het en nie haar eie voorkeure nie.

Foto – Premier Frances Fitzgerald