Pole en VSA sluit missiel transaksie

Die Amerikaanse regering het pas ’n transaksie goedgekeur vir die lewering van ’n Patriot anti-missiel sisteem aan die Poolse regering.

Die transaksie ten bedrae van $10,5 miljard aan Pole is deel van die land se jongste program om sy verdedigingsmag te verbeter weens die kommer dat Rusland aggressief kan optree.

Pole is deel van die Navo lande wat in die onlangse tyd hul weermag toerusting opgradeer het uit vrees vir Russiese aanvalle.

Die lewering van wapentuig aan Pole sluit ondermeer in die VSA 208 Patriot Gevorderde Missiel Segmente en 16 van die VSA se M903 Lansering Stasies asook vier AN/MPQ-65 radarstelsels tesame met kontrolestasies.

’n Reeks onderdele, sagteware en ander toerusting word by die besending ingesluit wat die land paraat sal hou teen enige moontlike missiel en vegvliegtuig aanvalle van vyandelike magte.

Met die opgradering sluit Pole aan by Nederland, Duitsland, Spanje en Griekeland wat reeds hulle toerusting in die verdedigingsmag opgradeer het ter waarde van miljarde euro.