Poetin kom Venezuela te hulp

Terwyl verskeie instansies Venezuela tegnies bankrot verklaar het, is dit Rusland wat na vore getree het en aangebied het om die staat “te herstruktureer” om te verseker dat die land sy krediteure kan betaal.

Die afgelope twee dae het Venezuela dokumente onderteken wat die land se “herstrukturering” van skulde met die vernaamste krediteur, Rusland, te verseker.

Die Russiese minister van finansies sê die ooreenkoms het ten doel om te verseker dat al Venezuela se krediteure betaal sal word wat verskuldig is.

Die grootste rekening is die van Rusland, vir wapens ter waarde van meer as $3 miljard wat in 2011 van die Russe gekoop is.

Met die ooreenkoms het die regering van Venezuela 10 jaar tyd om die rekening af te los, maar moet in die eerste ses jaar ’n aansienlike deel van die skuld aflos.

Foto – President Poetin en president Maduro