Plastiekbesoedeling kommerwekkend

Die oseane van die wêreld is so erg besoedel van plastiese afvalstowwe dat daar in die diepste seebodem ook besoedeling is.

Miljoene tonne plastiek besoedel die see, en kenners wys daarop dat die sowat 300 miljoen ton plastiek in die see, hoofsaaklik op die oppervlakte dryf, alhoewel ’n groot persentasie ook op die seebodem lê.

Wetenskaplikes het gevind dat klein seediertjies op die seebodem ook plastiek in hulle liggame het, en sê daar is geen seegebied wat nie met plastiek afval besoedel is nie.

Ondersoek is gedoen deur ’n Britse universiteit en gevind dat daar klein lewende diertjies in die diepsee is, wat tot 10 900 meter diep leef, maar plastiek ingeneem het.

Dit is glo van die diepste plekke waar die seediere gevind is en sê daar is 90 individuele diertjies ondersoek, en meer as die helfte van hulle het plastiek ingeneem wat in die spysverteringstelsel bly.

Die inname van plastiek deur visse kan uiteindelik eindig in die menslike liggaam, en kenners meen die teenwoordigheid daarvan kan weer lei tot nuwe ongesteldheid wat nou nog onbekend is.