Plaasterrorisme gaan voort

Terwyl talle mense in Pretoria na die Uniegebou geloop het om ‘n memorandum teen plaasmoorde aan die regering te oorhandig, het plaasaanvalle die naweek voortgegaan.

Tydens ‘n aanval van terroriste op ‘n plaas in die Alexandria omgewing in die Oos-Kaap, is die bejaarde mnr. Riaan Scheepers ernstig aangerand en veg hy tans vir sy lewe in ‘n hospitaal.

Soos gewoonlik glo die polisie dit was ‘n rooftog omdat die terroriste mnr. Scheepers se voertuig gevat het. Die voertuig is later egter verlate gevind, wat daarop dui dat hulle geen bedoeling gehad het om die voertuig te hou nie, en kenners meen dit skakel roof as motief uit.