Plaasaanvaller ontsnap, weer vas

Polisie in Ellisras het met ‘n rooi gesig gesit nadat ‘n verdagte uit polisie aanhouding ontsnap het.

Die verdagte, Petrus Moyo, was verhoorafwagtend en word aangekla van die moord op dr Werner Emslie. Dr. Emslie en sy vrou is op 20 September op hulle plaas aangeval en hy is in die aanval gedood en sy vrou beseer.

Petrus Moyo is in die Franfort distrik gearresteer terwyl die drie ander verdagtes nog op vrye voet is. Hy is ‘n Zimbabwiese burger wat onwettig in die land is.

Moyo is vanoggend in die vroeë oggendure weer gearresteer. Hy is op heterdaad betrap toe hy agter die Lephalale Mall besig was om by ‘n huis in te breek.

Foto: Petrus Moyo