Pentagon se plan teen Noord-Korea bekend

Daar is slegs een manier om die kernwapenprogram van Noord-Korea tot ’n einde te bring, sê die Amerikaanse Pentagon in ’n verklaring.

Om die program finaal te verwoes sal dit nodig wees om met ’n grondoffensief die kommunistiese land te dwing tot ander insigte.

Die Pentagon het die opmerking gemaak by monde van admiraal Michael Dumont wat namens die militêre advies orgaan van die Amerikaanse Federale Owerheid aan die media gesê het.

Hy sê daar is egter een groot risiko aan verbonde, omdat die kommuniste uit selfverdediging met ’n ballistiese missiel teenaanval kan begin.

In ’n brief aan die president van Amerika wys die Pentagon op die moontlike implikasies van ekonomiese en diplomatieke gevolge wat dit kan meebring.

Volgens die adviseurs is die eerste en veiliger opsie waarskynlik die diplomatieke roete as oplossing alhoewel dit ook bepaalde struikelblokke het.

Die Pentagon wys daarop dat ’n militêre offensief ook die risiko inhou dat Suid-Korea die hoofteiken van die kommuniste word, wat katastrofiese gevolge sal inhou.