Opstand in president Macron se kamp

In die binnekring van die Franse president se politieke party, die La République En March, dreig ’n gees van muitery en opstand wat die afdanking van etlike honderde ondersteuners kan meebring.

Die nuwe bedreiging vir president Emmanuel Macron se regering kom uit verset teen die president se gebrek aan “interne demokrasie” wat die sosialiste begin grief.

Die aanstelling van die party se voorsitter, Christophe Castaner,  is reeds beplan vir die komende naweek, maar die man erf ’n party wat in ’n ernstige krisis verkeer.

Die opstandigheid volg slegs ses maande nadat Macron verkies is tot president van Frankryk, en waarnemers meen die ondemokratiese optrede van die president lei tot weerstand.

Die komende naweek kan slegs ’n klein “uitgesoekte lede” van die party by die konferensie toegelaat word, en die bykans 400 000 lede word op geen demokratiese wyse verteenwoordig nie wat lei tot al meer opstandigheid.

Die lede is ook ontevrede oor Macron se personeel-kultuur terwyl sy optrede om sy eggenote Brigitte te verhef tot “Eerste Dame” staan die Franse kiesers nie aan nie.

Opnames toon dat slegs 10% van sy lojale lede nog aktief betrokke is terwyl ’n groot aantal besig is om ander weiveld te soek.

Foto – President Emmanuel Macron