Openbare beskermer se HUB bedank

Themba Dlamini,  die hoofuitvoerende beampte van die Openbare Beskermer het na slegs agt maande bedank en persoonlike redes aangevoer vir sy bedanking.

Hy het Louisa Zondo opgevolg wat in November 2016 bedank het met dieselfde redes.

Ontleders sê egter dat wanneer ‘n instansie se top beamptes bedank en daar nie werklik redes aangevoer word nie, gaan daar rooi ligte aan.

Die OB is geruime tyd in die spervuur oor of sy werklik bevoeg is om haar werk te doen al dan nie.

Foto: Themba Dlamini