Oord van R10 miljoen misluk

R10 miljoen is vermors deur die Departement van Toerisme op ‘n oord wat opgerig sou word in Tsholomnqa KwaSandile in die Oos-Kaap.

Die projek is reeds in 2011 begin en al wat na ses jaar staan, is agt afgebreekte kothuise met ‘n klomp boumateriaal en twee skeepshouers.

Dit is nie bekend wie die kontrakteurs was en of hul SEB klaring gehad het nie.