Onwettige immigrante en misdaad

In ‘n verklaring het die Gautengse kommissaris van polisie gesê dat bykans 60% van geweldsmisdade deur onwettige immigrante gepleeg word. Dit blyk egter slegs uit die syfers van diegene wat gearresteer word, wat beteken dat die syfer nog hoër kan wees as in aanmerking geneem word dat baie misdade nooit opgelos word of dat iemand gearresteer word nie.

Die aantal moorde het gestyg tot 4 101 in die boekjaar 2016/17.  Hy het verder erken dat die polisie nie “goed vaar” om verkragting en seksuele aanranding te voorkom nie.