Nuwe polisiekommissaris aangewys

ANC-staatshoof Jacob Zuma het luitenant-generaal Thekla John Sitole met onmiddellike effek as nuwe polisiekommissaris aangewys.

Sitole het in 1986 as studentekonstabel begin en het in 2011 luitenant-generaal geword.

Alhoewel Sitole die eerste permanente kommissaris in ‘n lang tyd is wat uit die polisierange aangewys is, word tog gevrees dat hy ‘n Zuma-lajolis is, wat sy noodsaaklike onpartydigheid kan beïnvloed en dat hy gevolglik ook nie politieke druk sal kan weerstaan nie. Die vrees word gegrond op die feit dat hy as afdelingskommissaris vir Beskerming en Veiligheidsdienste onregmatige BBP-beskerming vir Nkosazana Dlamini-Zuma gegee het.

Foto: Genl. Thekla John Sitole word deur Jacob Zuma aangestel