Nuwe groentesoort uit die Andesgebergte

Alhoewel die groentesoort vir eeue bekend is vir mense in die omgewing van die Andesgebergte, is Yacon nie goed bekend onder Westerse beskawings buite Suid-Amerika nie.

Die lekker groente wat saam met varkvleis ’n heerlike maaltyd word, is nou besig om bekend te word in Westerse lande, maar Suid-Afrika is saam met ander Afrikastate nog agter in die ry.

Soos aartappels, dra die plant sy kosbare vrug onder die grond, maar dit het die vorm van ’n wortel of selfs ’n patat.

Die gereg sal waarskynlik op verskillende metodes gaargemaak word, en die verskillende kulture sal soos met elke ander groentesoort, eie metodes van voorbereiding ontwikkel.

Die Yacon het ’n effense soet smaak en lyk byna of dit ’n vrug kan wees eerder as groente, maar behoort nou deur landbouers in Suid-Afrika aangeplant te word om in die stygende vraag na voedsel te voorsien.

In Vlaandere is die nuwe groente reeds bekend nadat boere dit aangeplant het en selfs ’n webtuiste opgestel het met resepte daarvoor, maar lesers kan ook meer te wete kom op die Internet.