Nuwe bewerings teen minister

Die nuwe minister van staatsekuriteit, Bongani Bongo, is betrek by nog ‘n skandaal.  Hy word daarvan beskuldig dat hy advokaat Nththuzela Vanara probeer omkoop het.

Vanara is een van die getuies in die parlementêre ondersoek na die staatskaping en sy het die bewerings gemaak in ‘n eedsverklaring wat gerig is aan Baleka Mbete.

Mbete het die saak verwys na die etiese komitee van die parlement.

Bongo is reeds beskuldig van ontvangs van omkoopgeld terwyl hy by die Oos-Transvaalse departement werksaam was.  Sy vrou het ook na bewering geld ter waarde van R1,5 miljoen  ontvang van diensverskaffers waarby Bongo betrokke was.  Die geld is gebruik om hul huis in Nelspruit te bou.

Foto: Bongani Bongo