Noord-Korea kernprogram chaoties

Die kommunistiese Noord-Korea se kernprogram is waarskynlik in ’n erge krisis nadat ’n tonnel op sowat 100 werkers inmekaar gestort het en meer as ’n honderd ander werkers is ook gedood toe hulle die reddingswerk wou doen.

Die tonnel wat gebou word by die kernwapen aanleg het inmekaar geval en al die betrokke werkers is gedood.

Die Suid-Koreaanse media het die inligting vrygestel, maar kon nie bevestig of dit ’n kernontploffing was wat die tonnel aan stukke geruk het nie.

Na die ineenstorting het meer as ’n 100 werkers probeer om die eerste 100 wat toegeval het, te red, maar toe vind ’n tweede ineenstorting plaas en dood ook die wat die reddingswerk wou doen.

Na raming is meer as 200 werkers gedood, maar dit is onbekend of die instorting verband hou met ’n ontploffing van kernmateriaal.

Sjina het onlangs ’n waarskuwing tot Noord-Korea gerig en gesê hulle moet net weer bewus gemaak word van hoe gevaarlik kernontploffings kan wees.