Nog drie treinwaens brand

Vandale het weer toegeslaan en drie treinwaens aan die brand gesteek.

Dit het regoor Century City buite Kaapstad plaasgevind.

Intussen het kabeldiewe die afgelope naweek toegeslaan op die sentrale- en suidelike lyne buite Kaapstad.

‘n Week tevore is kabels by Mutual, Woodstock en Woltemade stasies gesteel.