Nasa vind bewoonbare planete

Die ontdekking van nog planete wat klaarblyklik die aarde se omstandighede toon, kan moontlik binnekort bekendgemaak word deur ruimte wetenskaplikes.

Met behulp van die Kepler ruimteteleskoop is 20 planete opgespoor wat oor dieselfde eienskappe as moeder aarde beskik.

Volgens Nasa is die opspraakwekkende ontdekking van groot belang aangesien dit die moontlikheid bevat dat dit ’n buite-aardse wêreld kan wees wat lewe het.

Van die wetenskaplikes meen die moontlikheid is nie uitgesluit dat daar wel menslike lewens op die planet is nie, maar die afstand na die planete maak dit tans onbereikbaar.

Wetenskaplikes sê daar is van die planete wat sterk ooreenkom met die aarde, en van hulle het tot ’n 80% kans dat dit bewoonbare planete is.

Een van die planete wat 97% so groot is as die aarde, en KOI-7923  gedoop is, se jaar is 395 dae en is ietwat kouer maar wel leefbaar.

Die ruimte deskundiges meen dit sal goed wees om nou reeds ’n ruimtetuig daarheen te lanseer, veral omdat veel meer inligting nodig is oor die planete.