Nasa ontdek groot planeet

Die aarde se oppervlakte beslaan 510 100 000 vierkante kilometer, wat ’n druppeltjie is in ons sonnestelsel, en Jupiter wat in deursnit 11 keer groter is as die aarde, is weer een van die grootste planete in ons sonnestelsel.

Nasa het egter ’n nuwe planeet ontdek wat so groot is dat hulle twyfel of dit nog as planeet beskryf kan word.

Met Nasa se Spitzer Space Telescope  kon die reusagtige planeet ontdek word wat sowat 22 000 ligjare van die aarde af is.

In wetenskaplike metings wat gedoen kon word, is gevind dat die massiewe planeet se massa meer as 13 keer dié van Jupiter is.

Wetenskaplikes het die nuwe reus die vreemde naam van ‘OGLE-2016-BLG-1190Lb’ gedoop om dit te onderskei van enige ander planeet.