Nadraai van Swart Vrydag

Alhoewel daar talle mense is wat beweer dat hulle werklik winskopies bekom het met Swart Vrydag. Is daar ander wat beweer dat hulle die naweek veel beter gedoen het as wat deur dieselfde winkels aangebied was vir Vrydag.

Dan is daar diegene wat die goedere teruggeneem het omdat daar foute bemerk is aan goedere wat gekoop is, en derhalwe hulle geld teruggevra het om dieselfde goedere elders te gaan koop teen ’n veel laer prys.

Die hartseer verhale het ook nie uit gebly nie, want te veel mense het erken dat hulle hopeloos te veel geld uitgegee het en nou kniediep in die skuld is.

Dit is egter nie net die kopers wat juig oor winskopies, en ander wat treur oor die foute wat hulle gemaak het nie.

Winkeliers het glo veel groter omset in verkope gehad as wat verlede jaar die geval was, en daaroor juig baie, maar daar is ook die donker prentjie wat winkeliers eers later sal evalueer.

Verskeie ondernemings sê hulle was oorstroom met potensiële kopers, maar het later waargeneem dat derduisende rand se goedere gesteel is en die diewe is nie uitgevang nie omdat die winkel hopeloos te veel mense gelyktydig gehad het.

Vit daardie winkeliers was dit inderdaad swart Vrydag.