MultiChoice en Guptas

Die betaalkanaal MultiChoice het na bewering ‘n betaling van R25 miljoen gemaak aan die Guptas se ANN7 kanaal terwyl hul jaarlikse betaling van R50 miljoen na R151 miljoen verhoog is.

Intussen ontken MultiChoice dat daar fout is met die betalings.

Waarnemers glo egter dat as daar ‘n rokie trek van sulke astronomiese bedrae, daar beslis iewers ‘n vuurtjie ook is.

Daar is verder bespiegelings dat ANN7 binnekort van die lug kan verdwyn.