Mugabe word verwerp

ZANU-PF, die regerende party in Zimbabwe het Robert Mugabe tyd gegee tot Maandag om te bedank as president, en indien dit nie gebeur nie, sal die party met afsettingsprosedure begin.

ZANU-PF het Mugabe as leier van die party afgesit en die visepresident, wat verlede week deur Mugabe afgedank is, in sy plek as partyleier aangewys, en beklee hy die pos sedert hy amptelik verkies is Sondag oggend.

ZANU-PF het Grace Mugabe geskors as leier van die Vroueliga, en haar ook as lid van die party uitgeskop.

Mugabe het egter nie soos verwag is, sy uittrede aangekondig tydens ‘n direkte tv uitsending Sondagaand nie, maar inteendeel gesê dat hy steeds in Desember as voorsitter sal optree van die ZANU-PF se partykonferensie.

Terugskouend:

Die feit dat die 93-jarige president Robert Mugabe op ’n “beskaafde” wyse van sy mag beroof is, het duisende inwoners van die land laat juig terwyl ander sy “vrylating” en herstel in die amp geëis het.

Politici in Zimbabwe en ook in Suid-Afrika is dit eens dat sy terugkeer na die politiek in sy land, onmoontlik geword het en dat onderhandelings om ’n nuwe staatshoof aan te wys, noodsaaklik geword het.

Dit beteken glo dat die president se magsugtige vrou, Grace Mugabe, nie oorweeg sal word as president, of as visepresident nie.

Een van die ZANU-PF leiers het die naweek gesê Robert Mugabe kan nie terugkeer na sy amp as president nie, en dit sal nie verander nie.

Vrydag het leiers van die party byeen gekom en ’n resolusie opgestel om Mugabe te ontslaan as president van die land nadat hy die visepresident sonder rede afgedank het om plek te maak vir sy vrou.

Die mosie van wantroue in die president lui onder meer dat “die president beheer verloor het oor sy land” en derhalwe nie bevoeg is om verder as staatshoof voort te gaan nie.

Die regeringsparty het Saterdag ’n massa optog gehou in Harare om daarmee te demonstreer dat Mugabe se terugkeer na die politiek vir goed verby is en dat Grace Mugabe nie die opvolger sal wees nie.

Groot plakkate is vertoon met slagspreuke, waarvan die mees algemene was “Mugabe must go”.

Sondag het politieke leiers en bevelvoerders van die weermag met Mugabe vergader waartydens sy finale uittrede aangekondig is. Mugabe het egter sterk teenkanting gebied, maar SANU-PF en die bevelvoerder van die weermag het verseg om toegewings te maak, en bygevoeg dat Grace Mugabe ook haar pos as leier van die Vroueliga verloor en uit die party gegooi is.

Foto – Die slapende leier