Mugabe in “veilige aanhouding”

Die senior woordvoerder van die Zimbabwe weermag het Woensdag erken dat president Robert Mugabe en sy vrou Grace in “veilige aanhouding” is.

Die weermag is ingespan om die strate van Harare te fynkam en pas staatsdiens kantore en ander belangrike sentrums deurlopend op wat die indruk laat dat dit ’n staatsgreep is.

Die woordvoerder het egter die versekering gegee dat dit nie die geval is nie, en sê die weermag sal weer onttrek sodra alles weer kalm en rustig geword het.

Hy het die mense gevra om kalm te bly en voort te gaan met hulle alledaagse lewens.

Intussen word beweer dat die staat se amptelike uitsaaidiens ook deur die weermag oorgeneem en beheer word.

Swaar gewapende soldate patrolleer die strate van Harare, en inwoners staan in lang toue om hulle kontant te onttrek uit banke.

Foto – Robert en Grace Mugabe