Minister kry duur braai area

As deel van die Departement van Publieke Werke se R48 miljoen opgradering van ses ministers se huise, gaan een minister se braai area opgradeer word teen ‘n beraamde koste van R675 00.

Dit word klaarblyklik  “braaibery” genoem.

Sedert Jacob Zuma in 2009 oorgeneem het, het die departement 35 huise opgekoop teen ‘n  koste van R193 miljoen. Dit beteken ongeveer R5,5 miljoen  per huis en dit sluit nie verbeteringe, sekuriteit of meubilering in nie.

Foto: Ter illustrasie