Merkel onderhandel in geheimsinnigheid

Die weke vlieg verby en kanselier Angela Merkel van Duitsland se onderhandelings is steeds nie afgehandel nie, wat die vermoede laat dat alles nie pluis is nie.

Dit blyk dat die regering se akkoord baie moeilik opgestel kan word wat die twee nuwelinge in die koalisie tevrede sal maak.

Vroeër was Merkel se CDU en haar koalisievennoot van Bavaria, die CSU,  oorhoops met mekaar weens Merkel se “oop deur” benadering om onwettige immigrante uit die Moslemlande vrye toegang te gee tot Duitsland.

Nou moet sy die saak reghou met Bavaria, maar die linkse Groenes wil ook ’n “oop deur” benadering sien terwyl die Vrye Demokrate as vierde koalisievennoot weer sy eie eise stel.

Die Duitse politici verwys na die koalisie poging as die Jamaikaanse vlag vanweë die uiteenlopende beleid standpunte,  maar kenners meen daar hang swaar wolke oor die nuwe koalisiparadys.

Angela Merkel moet egter groot toegewings maak om die koalisie te laat slaag, want misluk die samesprekings, is dit die einde van haar bewind.

Kenners sê die feit dat die onderhandelings in die grootste geheimhouding plaasvind, dui op ’n toestand wat vir Merkel dwing om groot toegewings te maak.

Vandag moet ’n model saamgestel word waaroor die vier partye sal saamstem, en ontleders sê dit sal die swakste regering wees wat Duitsland het sedert 1949.

Foto – Kanselier Angela Merkel