Merkel misluk – Wat nou?

Duitsland verkeer in ’n politieke krisis nadat die Vrye Demokrate onttrek het uit samesprekings om ’n vierparty koalisie te vorm.

Met die mislukking is daar weinig opsies oor vir kanselier Angela Merkel, en word ’n opvolg verkiesing oorweeg as die beste opsie.

Dit is onwaarskynlik dat die koalisie gevorm kan word met die Christen Demokrate Unie van kanselier Merkel, daarom blyk die enigste opsie wat die party nou het, is om na agt weke verloop het sedert die verkiesing van September, nog ’n federale verkiesing te hou.

Merkel se party hoop dat ’n sterk verandering in die kiesers se stempatroon na vore sal kom om ‘n koalisie met minder partye te vorm.

Die sosialiste van die Sosiaal Demokrate het by monde van hulle leier, Martin Schulz, gesê sy party is gereed vir ’n opvolg verkiesing

Merkel kan nie oorweeg om ’n minderheidsregering saam te stel nie, want opposisiepartye sal haar geen ruimte bied om sinvolle besluit te neem nie, en met die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland  wat in Merkel se nek blaas, sal sy hoegenaamd nie kan regeer nie.

Sy het na haar besoek aan die president van Duitsland, gesê sy verkies ’n opvolg verkiesing en sien nie kans vir ’n minderheidsregering nie.

Dit bring mee dat president Frank-Walter Steinmeier die weg kan oopmaak om die Duitse kiesers terug te roep na die stembus.

Die moontlikhede vir kanselier Merkel word nou al minder, en ’n opvolg verkiesing is dalk die beste opsie alhoewel haar swak vertoning in die September verkiesing haar huiwerig kan maak om weer na die stembus te gaan.

Foto – President Frank-Walter Steinmeier