Malema dreig wittes

Malema het buite die Israelse ambassade blankes gewaarsku wat “rassisties” optree, soos deur Die Stem te sing en die ou Republiekvlag te vertoon, dat hy in die toekoms, as daar weer ‘n Swart Maandag optog plaasvind, hy sy optog sal reël en dan die wittes in die oë kyk.

Hy sê hulle, die EFF, sal selfs met hul lewens sulke mense beveg en dat wittes gewys moet word wie is baas in die land. Hy het ook die polisie gestriem omdat hulle nie die vreedsame optogte met rubberkoeëls uitmekaar geskiet het nie.

Sy uitspraak word as ‘n oorlogsverklaring gesien, en mense, veral op plase, word gemaan om hulle paraatheid op te knap aangesien nog meer aanvalle verwag kan word na die opswepery.

Intussen waarsku Roelf Meyer dat wit ekstremisme nie aangemoedig moet word nie, maar swyg hy oor die swart ekstremisme van Malema en BlackFirstLandFirst.

Omri van Zyl van AgriSA het die klein minderheid gekritiseer wat die optog, in sy woorde, ‘n rassegeskil gemaak het. Boere wys daarop dat hulle deur die bank deur swartes vermoor word op die plase.