Mafia se grootbaas oorlede

Die grootbaas van die Mafia-base, ene Toto Riina, van Italië is na ’n kort siekbed oorlede, en was 26 keer lewenslank gevonnis vir die talle moorde wat hy gepleeg het.

Toto Riina is op 86 jarige leeftyd oorlede aan kanker, en was die mees gevreesde Mafiabaas van alle tye in Italië wat met sy terroristedade en koelbloedige moordrekord vrees ingeboesem het by die hardste misdadigers.

Riina is afkomstig uit Corleone en was tot met sy arrestasie in 1993 die baas der base van die Mafia in Italië

Die Mafiabaas wat ’n groot aantal gevaarlike misdadigers in sy diens gehad het, het dikwels in klein oorlogvoorvalle beland, en tussen die jare 1981 en 1991 ’n diktatuur gehad wat sy grootste vyande gevrees het.

Die gevangenisowerheid het die familie toegelaat in die tronk waar hy in ’n koma was, om daar van hom afskeid te neem.

Foto – Toto Riina