Kosmiese strale uit die ruimte

Wetenskaplikes meen die kosmiese strale wat uit die ruimte op die aarde waargeneem word, is van “eksotiese oorsprong” en is afkomstig van onbekende bronne.

Wetenskaplikes erken dat hulle sprakeloos is oor die vreemde kosmetiese strale wat uit die diepste deel van die ruimte afkomstig is.

Die navorsers het bevind dat die aarde met meer sulke strale bestook word as wat enigiemand ooit kon vermoed en dit blyk noudat die bevindinge van die verlede alles verkeerd is oor die vreemde gedrag.

Sowat ’n dekade gelede het wetenskaplikes die eerste keer waarnemings gedoen oor kosmiese strale wat kilometers bokant die aarde opgemerk is.

Talle moontlike verklarings is gemaak oor die verskynsel en nou blyk dit dat al die vermoedens geheel en al verkeerde aannames is, want geeneen van die moontlikhede het rekening gehou met die feite wat nou bekend is nie.

Wat die navorsers verwar, is dat die strale nie afkomstig is van enige bekende hemelliggaam in die ruimte nie, wat beteken dat dit afkomstig is van ’n bron wat totaal onbekend is.

Die wetenskaplikes het nog geen feitelike verklarings vir die verskynsel nie, en sal met groter entoesiasme die navorsing voortsit wat kan lei tot splinternuwe ontdekkings van die Skepping.