Komitee roep Guptas en Zumas op

Die portefeuljekomitee van Openbare Betrekkinge het geëis dat Jacob Zuma, sy seun Duduzane en die Gupta broers voor hulle moet verskyn om ondervra te word en getuienis te lewer.

Dit volg na Zola Tsotsi se beweringe dat die president hom beveel het om vier uitvoerende beamptes van Eskom af te dank.

Zola het verder getuig dat Tony Gupta sekere gunste van hom gevra het en indien hy sou weier sou Tony hom aangee by Zuma (snr).  VolgensTsotsi was daar ook ‘n duidelike verbintenis tussen Lynne Brown en die Guptas.

Brown het intussen ontken dat Zuma haar beveel het om die vier persone af te dank.