Kataloniese ministers kan lank sit

Die agt voormalige ministers van die streeksregering in Katalonië, wat deur die Spaanse regering in hegtenis geneem is, kan vir so lank as tien jaar elk agter tralies beland.

Die agt ministers is verlede week in ’n tronk naby Madrid aangehou en regsverteenwoordigers het gesê die mans sal na verwagting elkeen sowat ses jaar tronkstraf opgelê word.

Die afgesette president, Carles Puigdemont, sal waarskynlik swaarder gestraf word indien hy sou terugkeer na Spanje.

Intussen her derduisende ondersteuners van die afgesette ministers saamgedrom in die strate van Barcelona en die vrylating van hulle leiers geëis.