Kanselier Kurz sluit koalisie ooreenkoms

Die Oostenrykse kanselier, Sebastian Kurz, en sy koalisievennoot van die nasionalistiese Vryheidsparty, Andreas Schieder, het die afgelope twee weke indringende samesprekings gevoer en ooreenkomste bereik wat die land se nuwe regering tot groot hoogtes kan lei.

Kanselier Kurz, die jong leier van die Oostenrykse Volksparty, sal waarskynlik binne enkele dae ’n amptelike aankondiging maak van die kabinet wat saamgestel word uit die twee partye.

Kurz het die naweek in ’n mediaverklaring gesê die projekte wat beplan word sal ondermeer beteken dat belastingkortings ingebring sal word tot voordeel van die kiesers, en die nuwe program van die regering sal binnekort bekendgemaak word.

Die partye het in hulle akkoord ook voorsiening gemaak dat misdaad sterk bestry sal word, onwettige immigrasie tot die minimum beperk word en versorging van verarmde volksgenote meer aandag sal kry en groter finansiële hulp verleen sal word.

Die twee partyleiers is tydens die onderhandelings bygestaan deur hul onderskeie spanne, en volgens berigte het die samesprekings in ’n ontspanne atmosfeer plaasgevind.

Foto – Kanselier Kurz en Andreas Schieder