Intimidasie en omkopery by Parlementêre Komitee

Met die ondersoek na Eskom se sake het dit nou aan die lig gekom dat daar pogings was om individue om te koop of te intimideer wat by die ondersoek betrokke is.

Bewerings dat Bongani Bongo, minister van staatsveiligheid, een van die getuies sou omkoop, asook dat ‘n lid van die komitee ‘n teiken was van intimidasie, toon dat selfs die ondersoek nie vry is van die verrottingsproses in die regering en staatsentiteite nie. Bongo wou selfs die getuienisleier, adv. Ntuthuzelo Vanara, omkoop om hom aan die ondersoek te onttrek.

‘n Parlementêre segsman het soos gewoonlik geswyg in al die amptelike tale van die deurmekaar land.

Intussen is Brain Molefe uitgewys as ‘n leuenaar as dit kom met sy bande met die Guptas.

Foto: Minister Bongani Bongo