Honderde IS vegters verlaat Raqqa

Sowat 250 terroriste van die Islamitiese Staat (IS) het saam met hulle familielede die stad Raqqa verlaat nadat onderhandelinge met die koalisiemagte aangegaan is.

Na raming het sowat 4 000 mense die stad verlaat onder toesig van die koalisiemagte wat onder leiding van die Amerikaanse weermag staan.

Die Koerdiese weermaglede het egter ’n belangrike rol vervul om te verseker dat die terroriste die Siriese stad sonder enige voorvalle verlaat.

Die terroriste is deur ’n gewapende konvooi uit die gebied begelei terwyl hulle wapens en ammunisie deur die koalisiemagte hanteer is.

Die stoet van die nagenoeg 4 000 mense verbonde aan die IS terreurgroep was meer as sewe kilometer lank en het uit sowat 100 voertuie bestaan.

Onderhandelaars sê die vier maande van moeisame onderhandelinge was die moeite werd omdat die stad se geboue nou nie verder beskadig word deur vernietigende lugaanvalle nie.

’n Militêre woordvoerder het later gesê die terroriste vegters het elkeen na sy oorspronklike woongebied teruggekeer, waarvan baie in Turkye gewoon het.