Het D3 drukkers die revolusie begin?

Dit is reeds bekend dat D3 drukkers die mens in staat gestel het om nuwe produkte op die mark te kry wat gewoonlik jare sou neem om andersyds ontwikkel te word.

Die D3 drukker word reeds gebruik om gestremdes se lewe makliker te maak, en daar is nou sprake dat reuse D3 drukkers gebou gaan word wat die bouwerk van geboue sal oorneem.

In Barcelona het wetenskaplikes tydens ’n konferensie, bio-ingenieurs gehad wat besprekings ingelei het oor die moontlikheid om D3 drukkers aan te wend om beskadigde organe in die menslike liggaam te vervang.

Die wetenskaplikes sê die moontlikheid bestaan ook om met die D3 drukker, nie net organe nie, maar ook alle selle in die liggaam te vervang of te “herproduseer”.

Hulle meen waar ’n tydvak aangebreek het waarin stamsel tegnologie ’n revolusie begin het, kan die D3 drukker ook stamsel vervaardiging bespoedig.

Die woordvoerder sê teen die jaar 2050 sal een uit elke vyf mense op aarde, bo die ouderdom van 60 wees, wat beteken die D3 drukker sal toenemend in aanvraag wees om in die behoefte van mense te voorsien.