Guptas trek noustrop

Daar gaan stemme op dat die uitvoerende bestuur van die Gupta beheerde maatskappy Oakbay, persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir bedrog.

Die eis word gestel nadat markreguleerders beweer het dat die maatskappy se aandeleprys gemanipuleer is tydens lysting op die aandelebeurs.

Oakbay het intussen die sperdatum gemis vir die terugbetaling van ‘n R300 miljoen lening by die Industriële Ontwikkelings Korporasie.

Ekonome bespiegel dat hulle dalk kan aansoek doen vir likwidasie en so wegkom met alles.