Gaan Poetin uittree as president?

Onbevestigde berigte lui dat president Vladimir Poetin van Rusland dit kan oorweeg om uit die politiek te tree en sy aandag te wy aan die miljarde roebels in sy bankrekening.

Gerugte doen die rondte dat Poetin oor ’n fortuin beskik wat soveel as $160 miljard kan beloop en in verskeie banke van die wêreld weggesteek is.

Volgens ’n Britse koerant is Poetin moeg vir die politiek en gaan hy waarskynlik nie beskikbaar wees as kandidaat vir die verkiesing van Maart 2018 nie.

Die Russiese president het drie keer die verkiesing gewen sedert hy in 2000 vir die eerste keer toegetree het tot die politiek as kandidaat vir die presidentskap.

Dit wil lyk of Rusland gereedmaak om ’n nuwe kandidaat in Poetin se plek te sit, want ’n voormalige senior adviseur van die Kremlin, wat ook die hoof van die “Doeltreffende Politieke Stigting” was, Gleb Pavlovsky, se naam is op almal se lippe.

Poetin se rykdom maak hom waarskynlik die rykste man ter wêreld, maar daaroor swyg die Russe en die politici van die land ontken dit heftig.

Dit is onseker waar Poetin aan sy rykdom gekom het, maar opposisielede beweer dat hy oor jare geput het uit die staatskas van Rusland, maar geen bewyse kon gevind word daarvoor nie.

Foto – Gleb Pavlovsky