Eskom, Zuma en Guptas

Getuies voor die parlementêre komitee rondom staatskaping by Eskom lewer al hoe meer verdoemende verslae oor persone wat ingemeng het in bedrywighede aldaar.

Volgens die getuienis van Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van die Eskom-raad, het Jacob Zuma, Dudu Myeni, Lynne Brown en een van die Guptas by die werksaamhede van Eskom ingemeng.

Hy beweer hy is gedreig deur Lynne Brown en Tony Gupta as hy sou voortgaan met ondersoeke wat hul sake belemmer.

Zuma het Tsotsi op 25 Februarie geskakel en gesê dat die beplande raadsvergadering nie gaan plaasvind nie en by ‘n later geleentheid is hy in Zuma se presidensiële woning in Durban aangesê deur Myeni om Tshediso Matona, Dan Marokane en Matshela Koko te skors.

Na hierdie gebeure het Eskom net agteruit gegaan, aldus Tsotsi.

Die Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het Tsotsi se bewerings oor haar betrekkinge met die Gupta-familie ontken.

Foto: Zola Tsotsi