Eskom baas ontken omkopery

Die waarnemende voorsitter van Eskom, Zethembe Khoza, het bewerings ontken dat hy probeer het om ‘n LP om te koop.

Gerugte oor die naweek het gesê dat staatsekuriteit se minister Bongani Bongo deur Khoza gestuur is om die parlementêre ondersoek voorsitter, advokaat Nthuthuzelo Vanara, om te koop.  Dit is glo gedoen deur Bongo in ‘n poging om die staatskaping ondersoek by Eskom te stop.

Volgens waarnemers rym dit egter met vroeëre pogings deur ‘n groep LP’s wat partylede versoek het om ondersoeke na Eskom, Transnet en Denel te stop.

Hulle meen die verrottingsproses by kabinetslede, raadslede en selfs privaat instansies loop dieper as wat die man op straat ooit sal besef.

Foto: Zethembe Khoza