Eerste voedselhulp bereik Jemen

Alhoewel die eerste vragvliegtuig met noodvoorraad voedsel die oorloggeteisterde Jemen bereik het, is dit minder as die spreekwoordelike druppel in die emmer om die krisis af te weer.

Benewens die hongersnood wat dreig om miljoene mense ’n hongerdood te laat sterf is die oorlog steeds aan die gang tussen rebellemagte en soldate.

Daarbenewens is die gevaar van ’n cholera epidemie ’n faktor wat kan lei tot duisende mense se dood, en kenners meen dit kan meer slagoffers eis as die oorlog.

’n Skeepsvrag van 5 500 metrieke ton meel produkte is in die hawe deur rebelle opgeëis wat die krisis verder verhoog.

Saoedi-Arabië het die land-, see- en lugroetes blokkeer met die verweer dat die wapenvoorsiening van Iran aan die terroriste daardeur verhinder word.

Sowat 7 miljoen van die sowat 23 miljoen inwoners van Jemen word geraak deur die voedseltekort en die bedreiging van ’n cholera epidemie.

Jemen het feitlik geen varswaterbronne nie, en moet gebruik maak van ontsoute seewater wat deur die rebellemagte gesaboteer word.