Duurste Whisky toe nie eg nie

Skotse deskundiges het vasgestel dat een van die wêreld se duurste whisky soorte waarvoor ’n glas van die drankie, tot 10 000 Amerikaanse dollar kan kos, toe nie die ware Jacob is nie.

Die whisky, wat voorgehou is as ’n bottel uit die jaar 1878 is toe geïdentifiseer as ’n produk wat ’n 100 jaar later gebottel is.

Die deskundiges van Rare Whisky 101 is gevra om die bottel te toets wat uit die stal van Macallan sou kom wat in 1878 dateer, en is verkoop aan ’n Sjinees in die Hotel Waldhaus Am See in die Switserse Sankt Moritz.

Die man het glo onraad gemerk toe hy vir ’n glas daarvan $10 000 moes betaal wat beteken dat die bottel $300 000 moes kos.

Die deskundiges het die Sjinees gelyk gegee en gesê dit is seker dat die whisky in die jare 1970 tot 1972 gebottel is.

Gedurende die afgelope paar jaar het verskeie swendelaars begin om whisky te verhandel teen astronomiese pryse asof dit meer as ’n eeu gelede gebottel is.

“The Devil Place” is ’n kroeg in Ierland waar sowat 2 500 verskillend soorte whisky gekoop kan word teen hoë pryse.