Duitse president skram weg van verkiesing

Die Duitse president, Frank-Walter Steinmeier, het politieke partye in die land gemaan tot groter kalmte en gevra dat hernude pogings aangewend moet word om ’n koalisieregering saam te stel.

Die versoek kom te midde van kanselier Angela Merkel se weke lange pogings om ’n koalisie ooreenkoms te bereik, maar die uiteenlopendheid van standpunt oor immigrasie het die moontlikheid nek omgedraai.

President Steinmeier wys in sy verklaring daarop dat die partye ’n verantwoordelikheid het wat nie ligtelik opgeneem moet word nie, en daarom moet hernude pogings aangewend word om ’n koalisie ooreenkoms te bereik.

Bondskanselier Angela Merkel se opsies word al minder. Al haar pogings van die afgelope weke was tevergeefs om ’n koalisie ooreenkoms te bereik met die linkse groenes en die Vrye Demokrate.

Na haar besoek aan die president, waartydens sy hom ingelig het oor die stand van sake, het sy gesê sy sien eerder kans vir ’n opvolg verkiesing, maar oorweeg nie die moontlikheid van ’n minderheidsregering nie.

Die leier van die Vrye Demokrate Party, Christian Lindner, het na weke se samesprekings oor ’n moontlike koalisie, onttrek weens die verskille oor onwettige immigrante, en het dit duidelik gemaak dat hulle nie afstand gaan doen van hulle standpunt oor die aangeleentheid nie.

Die Vrye Demokrate het later gesê dit is beter om nie te regeer nie as om verkeerd te regeer tot Duitsland se nadeel.

Foto – Frank-Walter Steinmeier