Duisende immigrante verdwyn in Duitsland

Die regering in Duitsland het erken dat sowat 30 000 onwettige immigrante “weggeraak” het omdat die owerheid nie tred gehou het met die vreemdelinge se bewegings nie.

Die meer as 30 000 asielsoekers het klaarblyklik net weggeraak en die betrokke departement beskik oor geen behoorlike rekords van die vreemdelinge nie.

Gesaghebbendes het die toestand as belaglik bestempel.

’n Regeringswoordvoerder het later erken dat die mense nie net uit die land is nie, maar dat hulle status nou onbekend is en nie maklik opgespoor sal word nie.

’n Politieke ontleder meen dit skep ’n uitstekende geleentheid vir die vreemdelinge om met terreurdade in Europa te begin op die mees onverwagte tye en plekke.

Die koerant in Duitsland wat die saak geopper het, word egter daarvan beskuldig dat hy die aangeleentheid uit verband voorgehou het aan sy lesers.