Duikboot van Argentinië verdwyn

Niemand het al iets verneem van die duikboot van Argentinië wat reeds enkele dae lank geen verbinding het met ander skepe of weermag instellings nie.

Die duikboot met 44 manskappe aan boord het weggeraak, maar regeringswoordvoerders het aanvanklik ontken dat die vaartuig gesoek word en geen kontak gemaak kan word met die manskappe aan boord nie.

Die vloot se hoofwoordvoerder het steeds ontken dat die boot gesoek word, ofskoon daar toe reeds vir meer as twee dae geen kontak gemaak kon word met die duikboot nie.

Na ’n soektog in die omgewing waar die vaartuig hom bevind het terwyl daar nog kontak gemaak is, en niks gevind is nie, is die soektog afgelas.

Die boot was 430 kilometer weg van die suidoostelike Valdez skiereiland toe daar laas kontak gemaak is, en die regering het nou gevra vir hulp in ’n poging om die boot opgespoor te kry.

Verskeie lande, waaronder Brittanje, Suid-Afrika, Brasilië, Chili en Uruguay het aangebied om behulpsaam t wees in die soektog.

President Macri het aan verslaggewers gesê alles moontlik word gedoen om die vaartuig met 33 manskappe aan boord opgespoor te kry.

Foto – President Macri