Drie polisiebeamptes vasgetrek

Drie polisie beamptes van die Oos-Kaap is gearresteer weens dwarsboming van die gereg.

Die klagte teen hulle is dat hulle skynbaar versuim het om ‘n skootrekenaar in te handig na ‘n moord ondersoek.

Die drie sal vandag in die Brighton hof verskyn.

Waarnemers staan verstom oor ie feit dat wetstoepassers bereid is om hulle loopbane op die spel te plaas ter wille van ‘n rekenaar.