Denemarke, land met positiwiteit

Denemarke is pas as een van die wêreld se mees positiewe lande aangewys deur die gesaghebbende beoordelaars van Australië se D-Plus Positiewe Indeks.

Die land het vir die eerste keer as een van die tien bestes in die wêreld sy plek ingeneem en is beloon met  ’n punte totaal van 442, wat hulle in die sewende plek plaas.

Die Deense volk het egter bo aan die lys gestaan as die volk waar die minste korrupsie in die wêreld voorkom terwyl die land se persvryheid die gesondste is van alle deelnemende lande.

Kanada, Australië, Switserland, en Frankryk, Duitsland en Nederland  is die voorlopers met Denemarke in die sewende plek.

Geen land uit die Afrika kontinent kon ’n goeie verslag kry nie, en word klaarblyklik steeds as die “donker kontinent” gesien.

Foto – Deense vlag.